|
Tuisblad |
|
Meer oor VRP |
|
Kontak VRP |
|
Personeel |
|
Artikels |
|
Lokale diens met Internasionale kwaliteit |

|
Van Rensburg Patoloë |
|
EMPIRIESE BEHANDELING VAN GEMEENSKAPS VERWORWE PNEUMONIE (GVP) |
|
Om die mikro-organismes wat betrokke is by GVP te identifiseer, voor behandeling begin word, is skaars. Dus is die geneesheer gedwing om met empiriese behandeling te begin, gebaseer op die moontlike veroorsakende organismes en die kennis van bestandheids patrone van die streek. Die mees algemene organismes wat betrokke mag wees, sluit in, Streptococcus pneumoniae, Haemophilus influenzae en Moraxella catarrhalis. Die atipiese organismes veral Mycoplasma pneumoniae en Chlamydia pneumoniae is ook betrokke en moet in ag geneem word. Die antimikrobe middel wat gekies word vir behandeling moet dus aktiwiteit teen al die etiologiese agente hê. Penisilliene en ander beta-laktam middels word algemeen vir die empiriese behandeling van GVP gebruik. Nodeloos om te sê dat hierdie groep dus nie as mono-terapie gebruik kan word nie. Die redes hiervoor is die verandering in gevoelligheids patrone van organismes wat die afgelope 10-12 jaar in Bloemfontein plaasgevind het. Penisillien bestande stamme van Streptococcus pneumoniae het drasties toegeneem, sowel as beta-laktamase produserende stamme van Haemophilus influenzae en Moraxella catarrhalis. Verder het beta-laktam middels geen aktiwiteit teen die atipiese organismes nie. Alternatiewe behandeling kan dus 'n kombinasie van 'n beta-laktammiddel plus 'n nuwe generasie makrolied wees. As monoterapie kan die nuwere generasie Quinolone soos die vierde generasie (moxifloxacin, gatifloxacon, gemifloxacin) gebruik word, wat hoogs aktief teen pneumococci (ook die penisillien bestande stamme), die atipiese organismes en die Gram-negatiewe patogene(Haemophilus en Moraxella) is. Dr Chris van Rensburg
|


|
PathPortal - Resultate Aanlyn |