TF Fontaine - шаблон joomla Joomla

Meer Oor Ons

Van Rensburg Patoloë ingelyf is in 2005 in Bloemfontein tot stand gebring om ‘n unieke en persoonlike diens van hoë gehalte aan plaaslike dokters en pasiente te lewer. Ons het in 2017 saamgesmelt met Lancet Laboratorium om selfs meer te bied aan die plaaslike gemeenskap.

Ons lewer ‘n volledige kliniese patologie diens.  Alle verwysing patologie word na laboratoriums verwys van hoogstaande gehalte.  VRP is ook SANAS & LOA geakkrediteer wat dui op die uiters hoë gehalte standaard wat gehandhaaf word.

Ons verseker u dat ons ‘n sterk span is van hoogs gemotiveerde en uiters entoesiastiese mense wat ‘n besondere professionele sowel as persoonlike diens aan u en u pasiente lewer.  Kontak ons gerus telefonies vir enige gespesialiseerde konsultasies.