TF Fontaine - шаблон joomla Joomla
  • Volledige Kliniese Patologie

    Ons bied hematologie, chemiese, kliniese sowel as mikrobiologiese dienste vir al u benodighede.
  • SANAS & LOA Geakkrediteer

    Ons laboratoriums is SANAS en LOA geakkrediteer wat vir jou die gemoedsrus gee dat ons werk die hoogste gehalte handhaaf.
  • Professionele Span

    Ons hooggeleerde en toegewyde personeel sorg dat u gesondheid ons nommer een prioriteit is.
  • Persoonlike Diens van Hoë Gehalte

    Ons lewer betroubare resultate en persoonlike diens met die klem op menswaardigheid en deernis.
  • Tegnologie

    Van Rensburg Patoloë is altyd op die voorgrond met die nuutste tegnologie om hoë gehalte resultate en betroubare diens te verseker.
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

"Leef in die oomblik, Lag daagliks & Lief nimmereindigend.....Leef in die oomblik, Lag daagliks & Lief nimmereindigend....."

Vingerprik INR'e

Bied 2 toegewyde klinieke by Pasteur Hospitaal en Cure Day Clinic vir INR vingerprikdienste vir U gemak.

Mikrobiologie

Mediese mikrobiologie is `n hoogs gespesialiseerde afdeling van patologie wat bemoeid is met die isolasie, identifikasie en antibiotika neutraliteits bepalings van bakterieë en fungi. VRP gebruik die nuutste tegnologie vir hierdie dienslewering naamlik die Previ-Isola, Maldi-TOF en VITEC-2 sisteme van Biomerieux vir vinnige bekendmakings van resultate en dus vinniger akkurate behandeling van pasiente.

Versekeringswerk

Ons werk nou saam met `n groot reeks mediese fondse sodat U versekeringseise maklik geskied deur u gekose mediese fonds.

2x 24hr Spoed Laboratoria

Ons beskik oor 2 laboratoriums by Mediclinic Hospitaal sowel as Rosepark Hospitaal wat 24 uur `n dag oop is vir die verwerking van dringende bloedtoetse.

Tuisbesoeke

Indien U nie ons laboratorium kan besoek nie, kan reelings getref word vir een van ons susters om by U huis die bloed te kom trek.